Mbumba – 2024 Staatsrede

Mbumba – 2024 Staatsrede post thumbnail image

14 Mar. 2024


President Nangolo Mbumba het in sy Staatsrede gesê die land bly op koers selfs gedurende ‘n tydperk van fiskale konsolidasie. Hy sê wyle President Hage Geingob het skerpsinnige leierskap getoon gedurende ‘n tyd toe die land dit die nodigste gehad het. Mbumba sê onder Geingob se leierskap is die beginsels van verantwoordbaarheid en deursigtigheid in die regerende strukture toegepas. Hy het bygevoeg dat vroue en jong mense aangestel is in leierskaps posisies. Die president het Geingob geloof vir die vermeerdering van vroue verteenwoordiging in die Parlement en die uitvoerende regering wat nou op 50 en 41 persent onderskeidelik staan. Mbumba sê voorkeur beleggings het deure oopgemaak vir groen waterstof en groen nywerhede, sowel as olie en gas. Verskeie uraan myne sal na verwagting voortgaan met konstruksie van drie groen waterstof toetsprojekte wat binnekort voltooi sal word.



Volgens die President bly infrastruktuur ontwikkeling ‘n sleutel tot die land se sosio ekonomiese ontwikkeling. Mbumba het ook gesê energie is die rugraat van die industrie en welsyn vir alle mense. Hy het bygevoeg dat beduidende vooruitgang gemaak is om die energie infrastruktuur te verbeter deur die elektrifisering van 365 huishoudings en 2 duisend 515 voorstedelike huishoudings. 33 Skole het ook elektrisiteit ontvang en is verbind tot die nasionale krag netwerk. Mbumba het aangedui dat die Anixas 2 Krag Projek op Walvisbaai 85 persent voltooi is en die 50 bykomende megawatt sal bydra tot kragvoorsiening van Juniemaand af.



Kanaal 7 Nuus

Related Post